Bajezid II
From Wikipedia, the free encyclopedia
Bajezid II (Turks: II.Bayezid; Ottomaanse Turks: بايزيد ثانى; Desember 1447 – 26 Mei 1512), was van 1481 tot 1512 sultan van die Ottomaanse Ryk. Hy was die oudste seun en opvolger van Mehmet II.[1] Hy het die Ottomaanse Ryk versterk en net voor sy abdikasie ’n Persiese rebellie afgeweer. Hy is deur sy seun Selim I opgevolg.