From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Bagua (Chinees:八卦, ou transliterasie: Pa Koea) is agt "trigramme" wat in Taoïstiese kosmologie gebruik word as verteenwoordigend van die basiese beginsels van die werklikheid, wat as ’n reeks van agt samehangende konsepte beskou word. Elk bestaan uit drie lyne, wat óf aaneenloop óf onderbroke is. Dit verteenwoordig onderskeidelik jin of jang. Omdat hulle uit drie dele bestaan, word hulle dikwels trigramme genoem.
Die trigramme is verwant aan taiji-filosofie, die gevegskuns tai chi en die Wu Xing, of "Vyf Fases".[1] Die verhouding tussen die trigramme word verteenwoordig in twee rangskikkings, die Primordiale (先天八卦), "Vroeëre Hemel"[2] of Fu Xi bagua (伏羲八卦), en die Gemanifesteerde (後天八卦), "Latere Hemel,"[2] of King Wen bagua. Die trigramme het ooreenkomste in astronomie, astrologie, geografie, anatomie, die gesin, ens. [3][4]
Die antieke Chinese geskrif Yijing bestaan uit die 64 kombinasies van trigramme, wat "heksagramme" genoem word, asook kommentaar op elk.
Elke trigram het ’n reeks unieke interpretasies, onder meer:
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.