Badkoets
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die badkoets was vanaf die 18de eeu tot in die vroeë 20ste eeu 'n gewilde apparaat wat deur strandgangers gebruik is. Mense het hulle gewone klere in die badkoets uitgetrek en swemdrag aangetrek; die badkoets, wat op wiele was, is dan in die see ingetrek, sodat diegene in die badkoets op 'n beskutte, respektabele manier in die see kon baai. Badkoetse het houtmure, 'n dak, en wiele waarmee dit tot in die see gerol is, gehad. Soms was die mure van soliede hout; in ander gevalle is seil oor 'n houtraamwerk gespan. Die hout- of seilmure was gewoonlik aan die twee teenoorgestelde eindpunte, met gordyndeure aan die sykante van die badkoets.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
![](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/34/BathingMachineGals.jpg/220px-BathingMachineGals.jpg)
Die gebruik van badkoetse as deel van die etiket vir swem in die see, is baie strenger op vroue as op mans toegepas. Beide geslagte wat respektabel wou optree moes egter van die badkoets gebruik gemaak het. [1]
Mans en vroue het, veral in Brittanje, afsonderlik van mekaar in die see geswem, sodat diegene van die teenoorgestelde geslag mekaar nie in hul baaiklere gesien het nie. Hoewel die swemklere van die tydperk, volgens moderne standaarde uiters fatsoenlik was, was die algemene opinie dat dit nie as aanvaarbare klere beskou is om in die openbaar mee gesien te word nie.