From Wikipedia, the free encyclopedia
Baddeleyiet is 'n mineraal met die formule ZrO2. Dit is die monokliniese laetemperatuurvorm van sirkonia. Teen 1400K gaan dit oor in 'n tetragonale vorm met die rutiel-struktuur wat 'n 7,5% hoër digtheid het. By 2641K word dit kubies met 'n fluoriet-stuktuur en by 2963K smelt dit.
Baddeleyiet | |
---|---|
Formule | ZrO2 |
Onsuiwerhede | Cd, Fe, Hf, Si, Ti[1] |
Nickel-Strunz (10) | 4.DE.35 |
Kleur | kleurloos tot geel, groen rooierig bruin tot ysterswart |
Streep | wit tot bruinerig wit |
Glans | vetagtig, glasagtig |
Hardheid | 6,5 (Mohs) |
Digtheid | 5,83 (300K), 6,10 (1400K), 6,09(2641K) |
Dubbelbreking | tweeassig (-) |
Kristallografie | |
Fase | T<1400K |
Ruimtegroep | P2₁/c |
Strukturbericht-kode | C43 |
Eenheidsel | a = 5.1454, b = 5.2075, c = 5.3107, α = 99.23° |
Fase | T= 1400–2641 K[2] |
Ruimtegroep | P4₂/mnm |
Strukturbericht-kode | C4 |
Eenheidsel | a = 5.094, c = 5.27 |
Fase | T>2641K |
Ruimtegroep | Fm3m |
Strukturbericht-kode | C1 |
Eenheidsel | a = 5.065 |
* Lys van minerale | |
Portaal Geologie |
Die kristalstruktuur van baddeleyiet is monoklien. Die sirkoniumatome het 'n negevoudige omringing deur suurstofatome. Dit is die argetipe van die strukturbericht-klassifikasie se C43-struktuur. By hoër temperature gaan dit oor in die C4-(rutiel) en C1-(fluoriet)-strukture, wat 'n agtvoudige omringing van die sirkoonatome besit. Kubiese sirkonia kan ook sinteties vervaardig word en word as kuns-diamante gebruik. Dit is harder as die monokliene vorm (8 -8,5 (Mohs)).
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.