Baarle
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
51°26′N 4°55′EDie dorp Baarle bestaan wettig uit twee dorpe - die Nederlandse dorp Baarle-Nassau en die Belgiese dorp Baarle-Hertog. Die platteland rondom die dorp lê in Nederland. Die stad Baarle-Hertog bestaan uit 16 enklawe van Belgiese grondgebied binne-in Nederland. Binne hierdie Belgiese enklawe is daar nog sewe enklawe wat Nederlandse grondgebied is.
Baarle-Nassau | Baarle-Hertog | |
---|---|---|
Vlag | ||
Wapen | - | |
Land | Nederland | Belgie |
Provinsie | Noord-Brabant | Antwerpen |
Geemeente | Baarle-Nassau | Turnhout |
Oppervlak | 76.30 km2 | 7.48 km2 |
Bevolking | 6668 | 2592 |
Digtheid | 87/km2 | 350/km2 |
Tydsone | UTC+1 | UTC+1 |
Area Kode | 013 | 014 |
Post Kode | 5111 | 2387 |
Huisnommers LW - landskleure verskyn op die borde | ||
Webwerf | www |
www |
Gedurende die twaalfde eeu was die gebied 'n moeras. In 1198 dra Hendrik I, die Hertog van Brabant, 'n deel van die land oor na Godfried van Schoten, die Heer van Breda. Hendrik behou die lande wat hom huurgeld betaal.[1] Die gebied wat deur Hendrik behou is, is deesdae 'n gedeelte van België. Die gebied wat aan Gotfried oorgedra is, is deesdae 'n gedeelte van Nederland. Willem-Alexander, koning van Nederland is deesdae die "Heer van Breda".[2] Die titel "Hertog van Brabant" is deesdae die titel van die vermoedelik Belgiese troonopvolger. [3]
Beide Baarle-Hertog en Baarle-Nassau het hul eie burgemeester. Albei het 'n eie verkose stadsraad, hul eie polisiekantoor en hul eie kerk. Die twee stadsrade kan in sommige gebiede saamwerk. Hulle het 'n gesamentlike raad opgestel om onder andere elektrisiteit, water en gasvoorraad, instandhouding van snelweë en vullisverwydering te voorsien.
Albei rade befonds ook 'n gesamentlike kultuursentrum met 'n gekombineerde biblioteek. Die kultuursentrum het twee amptelike ingange. Die internasionale grens gaan deur die gebou. Die Nederlandse ingang is by Pastoor de Katerstraat 7 en die Belgiese ingang is by Pastoor de Katerstraat 5. Die toeristekantoor is verbonde aan albei die Nederlandse as die Belgiese toeristerade..
Die Nederlandse handelswet is van toepassing in die Nederlandse dele van die stad en Belgiese handelswette is van toepassing op die Belgiese dele. Verskille in die wette het smokkel aangemoedig. Na die Tweede Wêreldoorlog het baie mense botter uit Nederland na België gesmokkel.[4] In hedendaagse tye koop baie mense vuurwerke in België en smokkel dit na Nederland.[5]
Vir mense om te weet in watter land hulle woon, vereis plaaslike wette dat elke huis sy nasionale kleure op die huisnommerplaat vertoon.[6]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.