From Wikipedia, the free encyclopedia
BC Cygni (afgekort as BC Cyg), ook bekend as HIP 100404 en BD + 37 3903, is 'n rooisuperreus en pulserende veranderlike ster van spektraaltipe M3,5Ia in die sterrebeeld Swaan.
BC Cygni
| ||||
BC Cygni is as 'n rooi ster te sien (omsirkel). Die helder ster in die middel is γ Cygni. Noord is regs. (Foto: Erik Larsen) | ||||
Sterrebeeld | Swaan | |||
Spektraaltipe | M3,5 Ia[1] (M2-M5[2]) | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 20h 21m 38.55s | |||
Deklinasie | 37° 31′ 58.9″ | |||
Skynmagnitude (m) | 9-10,8[3] | |||
Absolute magnitude (M) | -7,71[4] | |||
B-V-kleurindeks | +3,13 - +3,21[2] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 19 | |||
Radius (R☉) | 1 031[5] | |||
Ligsterkte (L☉) | 204 000[6] | |||
Temperatuur (K) | 3 605[7] | |||
Afstand (ligjaar) | 5 000 | |||
Eienskappe | ||||
Veranderlikheid | Halfgereeld (SRc)[1] | |||
Ander name | ||||
BC Cyg, HIP 100404, HV 3339, BD+37°3903, IRAS 20197+3722, 2MASS J20213855+3731589[8] | ||||
|
Dit word beskou as deel van die Cygnus-OB1-assosiasie en lê binne die oop sterreswerm Berkeley 87.[9] Dit beteken dit is sowat 5 000 ligjare van die Son af.[10] Dit lê minder as 'n graad noord van 'n ander veranderlike rooisuperreus, BI Cygni.
BC Cygni se berekende effektiewe temperatuur wissel van 2 858 tot 3 614 K tussen 'n ligsterkte van 112 000 tot 145 000 keer dié van die Son. Sy grootte in sy helderste en koelste fase is bereken op sowat 1 553 R☉ in vergelyking met sy grootte op sy dofste en warmste fase van 856 R☉. BC Cygni is een van die grootste bekende sterre. As dit in die plek van die Son geplaas sou word, sou dit tot anderkant Jupiter se wentelbaan gestrek het as hy op sy maksimum radius van 1 553 R☉ was. Met sy massa van sowat 19 M☉, word bereken dat sy massaverlies sowat 3,2×10−9 M☉ per jaar is.[11]
BC Cyg se helderheid wissel tussen skynbare magnitudes 9 en 10,8 met 'n pulseringstydperk van 720 ± 40 dae.[3] Tussen omstreeks 1900 en die jaar 2000 het sy gemiddelde helderheid met omtrent 0,5 magnitudes toegeneem.[2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.