From Wikipedia, the free encyclopedia
Avianca is die nasionale en die grootste lugredery van Colombia en die tweede grootse in Suid-Amerika. Avianca is 'n Spaanse afkorting vir Aerovías del Continente Americano SA, wat beteken: Lugredery van die kontinentale Amerikas, Bpk. Hulle hoofkantoor is in Columbia se hoofstad, Bogotá geleë. Dit is een van die oudste lugrederye ter wêreld.
| |||||||
Gestig | 5 Desember 1919 | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Eerste vlug | 14 Junie 1940 (as Avianca) | ||||||
Hoofspille | El Dorado Internasionale Lughawe (Avianca Colombia) Monseñor Óscar Arnulfo Romero Internasionale Lughawe (Avianca El Salvador) Jorge Chávez Internasionale Lughawe (Avianca Peru) | ||||||
Sekondêre spille | Mariscal Sucre Internasionale Lughawe (Avianca Ecuador) | ||||||
Fokusstede | José María Córdova Internasionale Lughawe Juan Santamaria Internasionale Lughawe (Avianca Costa Rica) La Aurora Internasionale Lughawe (Avianca Guatemala) Alfonso Bonilla Aragón Internasionale Lughawe Rafael Núñez Internasionale Lughawe Ernesto Cortissoz Internasionale Lughawe José Joaquín de Olmedo Internasionale Lughawe Miami Internasionale Lughawe John F. Kennedy Internasionale Lughawe Ramón Villeda Morales Internasionale Lughawe (Avianca Honduras) Augusto C. Sandino Internasionale Lughawe (Avianca Nicaragua) | ||||||
Lojaliteitsprogram | LifeMiles | ||||||
Alliansie | Star Alliance | ||||||
Subsidiêre | Avianca Peru Avianca El Salvador Avianca Costa Rica Avianca Ecuador Avianca Nicaragua Avianca Honduras Avianca Guatemala Avianca Cargo Helicol Aviateca Isleña La Costeña Sansa AeroUnion[1] | ||||||
Vlootgrootte | 100 | ||||||
Bestemmings | 63 | ||||||
Houermaatskappy | Synergy Group | ||||||
Sitkamer | Avianca VIP Lounges | ||||||
Hoofkantoor | Hoof: Bogotá, Colombia Tweede: San Salvador, El Salvador | ||||||
Sleutelpersone | Roberto Kriete (Voorsitter van Avianca S.A.) Adrian Neuhauser (Hoof- uitvoerende beampte van Avianca Holdings S.A.) | ||||||
Bedryfsinkomste | 100,3 miljard pesos[2] (FJ 2009) (2009) | ||||||
Totale bates | 2 403 632 pesos (2008) | ||||||
Webwerf | avianca.com |
Tans bedryf Avianca, saam met sy filiaal SAM, gemiddeld 290 vlugte daagliks vanaf sy spilpunt in Bogota na 18 binnelandse en 19 internasionale bestemmings.
Benewens SAM, het Avianca nog drie filiale: OceanAir van Brasilië, Avianca Ecuador (Avianca Ecuador het ontwikkel uit Aerogal wat VIP Ecuador van Ecuador in 2012 geïnkorporeer het) en Wayra van Peru.
Avianca is op 5 Desember 1919 in die stad Barranquilla gestig as Sociedad Colombo Alemana de Transporte Aéreo (Scadta), wat dit na KLM die oudste oorlewende lugredery ter wêreld maak. Die maatskappy het sy huidige naam op 14 Junie 1940 gekry toe Scadta en die Servicio Aéreo Colombiano (Saco) saamgesmelt het om Aerovías Nacionales de Colombia SA (Avianca) te vorm.
In die vroeë 2000's het Avianca om bankrotskap aansoek gedoen, maar is deur die Boliviaanse oliemagnaat Efromovich geborg.
Avianca is deel van Avianca Holding SA. Laasgenoemde is in Februarie 2010 geskep ná 'n samesmelting tussen Avianca en Transportes Aéreos Centroamericanos (Taca). Taca is in 1931 in Honduras gestig. In Mei 2011 is die belang op die Bolsa de Valores de Colombia genoteer en in November 2013 is dit op die New York Aandelebeurs genoteer (Ticker-simbool: AVH). In 2018 het die beheermaatskappy verkope van VS$ 4,0 miljard en ’n netto wins van VS$1,1 miljoen gehad. 30,5 miljoen passasiers en 'n halfmiljoen ton vrag is vervoer. Dit het byna 22 000 werknemers gehad. Op 31 Maart 2020 was die twee grootste aandeelhouers BRW Aviation LLC met 'n belang van 51,5% en Kingsland Holdings Bpk met 'n belang van 14,5%.
Die beheermaatskappy het op 11 Mei 2020 om uitstel van betaling aansoek gedoen weens die Covid-19-pandemie.
Avianca het in Maart 2007 'n bestelling vir 12 Boeing 787 Dreamliners geplaas. Dit maak Avianca die eerste Suid-Amerikaanse klant vir die nuwe Boeing-vliegtuig. Daarbenewens het die Colombiaanse vervoerder koopregte ontvang vir nog 8 Dreamliners 'wat steeds in opsie is'.
Die 787's is vanaf 2010 by die vloot gevoeg. Die Dreamliners het Avianca se huidige vloot van 767's vervang, wat destyds hoofsaaklik vir langafstandvlugte gebruik is. 10 Airbus A330 en A350 is ook bestel, waarvan 7 A330's reeds afgelewer is en van die A350 nog nul.
Die aktiewe vloot van Avianca bestaan (Okt 2022) uit 100 vliegtuie.
Vliegtuig | In vloot | Bestel | Enjin | Passasiers | Diens | Opmerking | ||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
B | E | Totaal | ||||||
Boeing 787-8 | 13 | – | Rolls-Royce Trent 1000 | 250 | Ultralangbereik internasionale vlugte. | Eerste aflewering in 2012 | ||
Airbus A320-200 | 56 | 12 | CFM56-5 | 12 | 138 | 150 | Fort Lauderdale, Miami, Meksiko, Panama, Oranjestad, Lima, Caracas, Guayaquil, Nasionaal | Gelewer op 23 Februarie 2008.[3] |
Airbus A319-100 | 15 | 0 | CFM56-5 | 12 | 108 | 120 | New York, Santo Domingo, Orlando, Washington, Meksiko, Salvador, Punta Cana, Santiago, Guayaquil, Nasionaal | Die eerste is gelewer op 20 April 2008.[4] |
Airbus A320neo | 14 | 162 | CFM56-5 | 12 | 88 | 100 | Miami, Panama, Oranjestad, Willemstad, Guayaquil, Valencia (VEN) | |
Airbus A330-200 | 4 | 0 | Rolls-Royce Trent 700 | 30 | 222 | 252 | Buenos Aires, São Paulo, Miami, New York, Santiago, Caracas, Madrid, Barcelona, Londen | Eerste is gelewer op 30 September 2008.[5] |
Avianca Cargo | ||||||||
Airbus A330-200F | 4 | — | Rolls-Royce Trent 700 | Kort internasionale vlugte | ||||
Totaal | 100 | 176 |
Op 25 Januarie 1990 het 'n Avianca Boeing 707 in Cove Neck, New York, neergestort. Avianca-vlug 52 was onderweg vanaf Bogotá, met 'n oornagstop in Medellín, na die John F. Kennedy Internasionale Lughawe. Die ongeluk het 65 van die 149 passasiers en 8 van die 9 bemanningslede laat sterf. Dit het gou duidelik geword dat die ongeluk weens 'n gebrek aan brandstof was. Die weerstoestande was sleg en baie vlugte is herlei. Vlug 52 is uitgestel. Weens 'n fout deur die bemannings kon die vliegtuig nie betyds land nie en het 'n paar kilometer van John F. Kennedy Internasionale Lughawe neergestort.[6][7][8][9][10]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.