From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Athabascarivier (Engels: Athabasca River; Frans: Rivière Athabasca; soms ook Athabaska gespel, afgelei van Cree: "daar waar riet is") is 'n groot noordoos-vloeiende rivier in Kanada. Die Athabascarivier het 'n lengte van 1 231 km en vloei deur die Kanadese provinsie Alberta. Die Athabascarivier vorm ná sy saamvloei met die Peacerivier die Slawerivier, een van die Mackenzierivier se sytakke.
Athabascarivier | |
---|---|
Die Athabascarivier in die Jasper Nasionale Park. | |
Die stroomgebied van die Athabascarivier. | |
Oorsprong | Rotsgebergte, Columbia-ysveld, Jasper Nasionale Park, net oos van Brits-Columbië (Kanada) |
Monding | Saamvloei met die Peacerivier naby die Athabascameer, Alberta, Kanada Slawerivier |
Stroomgebied | Alberta (Kanada) |
Lengte | 1 231 km (765 myl)[1] |
Oorspronghoogte | 1 520 m (4 990 vt) |
Mondinghoogte | 205 m (673 vt) |
Gemiddelde afloop | 783 m³/s (27 700 vt³/s) |
Stroomgebiedopp. | 95 300 km² (36 800 myl²)[1] |
Die Athabascarivier ontspring uit die Columbia-ysveld in die Jasper Nasionale Park, Rotsgebergte, net oos van die grens met Brits-Columbië (net oorkant die grens ontspring die Fraserrivier) en bereik die Groot Vlaktes. Die rivier vloei in 'n noordoostelike rigting deur die provinsie Alberta, voordat dit naby die Athabascameer, net wes van van die grens met Saskatchewan, met die Peacerivier saamvloei om die Slawerivier, 'n sytak van die Mackenzierivier, te vorm.
Die naam Athabasca is van die Woud-Cree-woord aðapaskāw, wat "[waar] daar plante een na die ander is" beteken,[2] dalk 'n verwysing na die gespikkelde plantegroei langs die rivier.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.