From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Astute-klasduikboot is die nuutste kernaangedrewe klas duikbote van die Britse Vloot. Dié klas is ontwerp om die Swiftsure-klas te vervang. 'n Begroting van £6 miljoen is in 1991 goedgekeur en 'n tender is uitgereik vir die bou van drie duikbote. Na ses jaar is die kontrak aan GEC-Marconi (tans BAE Systems) toegeken as primêre kontrakteur vir drie duikbote met die opsie vir nog twee.
Subklas van | kern-aangedrewe aanvalduikboot, fleet submarine |
---|---|
Kort naam | Astute |
Vernoem na | HMS Astute |
Voorafgegaan deur | Trafalgar-klas duikboot |
Land van oorsprong | Verenigde Koninkryk |
Operateur | Britse Vloot |
Vervaardiger | BAE Systems Submarines |
Ingebruikneming | 2010 |
HMS Astute, die eerste boot, se kiel is in Januarie 2000 gelê, toevallig met die honderdste verjaarsdag van die Britse duikbootvloot. Die klas is ontwerp om 'n multirol te speel, wat strek vanaf tradisionele duikbootdiens tot ondersteuning tydens anti-terrorisme optredes.
Hierdie klas is die grootste van alle Britse duikbote, toegerus met ses torpedobuise en Tomahawk landaanvalsmissiele. HMS Astute is te water gelaat in 2007 en in diens gestel in 2010. Twee ander duikbote is ook afgelewer: HMS Ambush en HMS Artful. Die bestelling het gegroei tot sewe duikbote.
Verwagte koste tydens magtiging | Huidige beraming ter voltooiing | Verandering | |
---|---|---|---|
Bote 1–3 | £2.233 miljard | £3.536 miljard | |
Boot 4 | £1.279 miljard | £1.492 miljard | |
Boot 5 | £1.464 miljard | £1.420 miljard | |
Boot 6 | £1.579 miljard | £1.533 miljard | |
Boot 7 | £1.642 miljard | £1.640 miljard |
Al die bote hieronder is deur BAE Systems Maritime – Submarines, te Barrow-in-Furness, gebou.
Naam | Wimpelnommer | Kiel gelê | Te water gelaat | In diens gestel | Status |
---|---|---|---|---|---|
HMS Astute | S119 | 31 Januarie 2001 | 8 Junie 2007[2] | 27 Augustus 2010[3] | In diens |
HMS Ambush | S120 | 22 Oktober 2003 | 6 Januarie 2011[4] | 1 Maart 2013[5] | In diens |
HMS Artful | S121 | 11 Maart 2005 | 17 Mei 2014[6] | 18 Maart 2016 [7] | In diens |
HMS Audacious | S122 | 24 Maart 2009 | 28 April 2017[8] | 3 April 2020[9] | Seeproewe[10] |
HMS Anson | S123 | 13 Oktober 2011 | 20 April 2021 | Beplan 2021[10] | Toetsing en uitrusting |
HMS Agamemnon | S124 | 18 Julie 2013 | Beplan 2022[10] | Onder konstruksie[11] | |
HMS Agincourt [12] | S125 | Mei 2018 | Beplan 2026[10] | Onder konstruksie |
Item | Statistiek |
---|---|
Verplasing (oppervlak) | 6 200 metrieke ton |
Verplasing (onderwater) | 6 692 metrieke ton |
Lengte | 91,7 m |
Breedte | 10,8 m |
Aandrywing | Rolls-Royce PWR-2 reaktor |
Spoed (oppervlak) | Onbekend |
Spoed (onderwater) | 32 knope |
Bemanning | 100 persone |
Bewapening | 6 torpedobuise vir Spearfish-torpedos Sub-Harpoon anti-skeepsmissiele |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.