Asteroseismologie
From Wikipedia, the free encyclopedia
Asteroseismologie of stellêre seismologie is die wetenskap waarmee die interne struktuur van pulserende sterre bestudeer word. Dit geskied deur die ontleding van die frekwensiespektrum van die ster, wat kenmerkend is van die ster se inwendige eienskappe. Verskillende trillingsmodusse dring deur tot verskillende dieptes binne die ster. Hierdie trillings verskaf inligting oor die andersins onsigbare binnekant van sterre, op dieselfde manier as waarop seismoloë die binnekant van die aarde en ander soliede planete bestudeer deur middel van aardbewingtrillings.