Assegaai (boom)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die assegaai (Curtisia dentata) is 'n mediumgroot boom wat in bergwoude van Afrika groei.[1] Dit is redelik skaars tussen Kaapstad en die Soutpansberg, maar meer volop in die oostelike hooglande van Zimbabwe tot by die Gorongosaberg, asook Eswatini en Mosambiek.
Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Assegaai | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Cornales |
Familie: | Curtisiaceae |
Genus: | Curtisia |
Spesie: | C. dentata |
Binomiale naam | |
Curtisia dentata | |
Sinonieme | |
|
Sluit
Hierdie boom is die enigste spesie van die genus Curtisia. Die dentata ("getand") in die Latynse naam verwys na die kenmerkende tande op die blare van die assegaai. Die hout van die boom is in vroeër jare gebruik in die konstruksie van ossewaens.