From Wikipedia, the free encyclopedia
Ash-Shura (Arabies: الشورى, "Beraadslaging") is die 42ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 53 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar. Dit begin met die allegoriese letters (muqatta'at) Gaa-Miem; Ein-Sien-Kôf.
Die naam kom uit vers 38. Dit is die enigste keer dat die term shura in die Koran voorkom, en dit is voorheen nêrens gebruik nie.
In die Islamitiese tradisie dien soera 42:51 as die basis waarvolgens openbaring (wahi) verstaan moet word.
Volgens geleerdes dui die vers daarop dat daar drie maniere is waarop God se openbaringe sy gekose individue, veral profete, kan bereik.[2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.