chemiese verbinding From Wikipedia, the free encyclopedia
Asetoon (sistematiese naam propanoon) is 'n organiese verbinding met die formule (CH3)2CO. Dit is 'n kleurlose, hoogs vlugtige, vlambare vloeistof, en is die eenvoudigste ketoon bekend.
Algemeen | |
---|---|
Naam | Asetoon |
IUSTC-naam | Propan-2-oon |
Sistematiese naam | Propanoon |
Ander name | Dimetielketoon[1] β-Ketopropaan[1] |
Chemiese formule | C3H6O |
Molêre massa | 58.042 g/mol |
CAS-nommer | 67-64-1 |
Voorkoms | Kleurlose vloeistof |
Reuk | Stink, irriterent, bloeiselrig |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | 178 K |
Kookpunt | 329 K |
Digtheid | 0.791 g/cm3 |
Mengbaarheid | water, benseen, metanol, eter, chloroform, etanol |
Oplosbaarheid | |
Viskositeit | 0.36 (10 °C) 0.295 cP (25 °C)[4] |
Dampdruk | 9.39 kPa (0 °C) 30.6 kPa (25 °C) 374 kPa (100 °C) 2.8 MPa (200 °C)[1] |
Henry se konstante | 27,7(,9) [L/mol.atm] 4600 [K][5] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | -19 °C |
LD50 | 3 000 mg/kg (oraal, muis) 20 000 mg/kg (dermaal, konyn) 19 000 mg/m3 (inhalasie) |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Asetoon is mengbaar met water en dien as 'n belangrike oplosmiddel in sy eie reg, tipies vir skoonmaakdoeleindes in die laboratorium. In 2010 is ongeveer 6.7 miljoen ton wêreldwyd geproduseer,[6] hoofsaaklik vir gebruik as 'n oplosmiddel en die produksie van metielmetakrilaat en bisfenol A.[7][8] Dit is 'n algemene boublok in die organiese chemie. Bekende alledaagse gebruike van asetoon is as naellakverwyderaar en verfverdunner.
Asetoon word deur die menslike liggaam geproduseer en uitgeskei deur middel van normale metaboliese prosesse. Dit is algemeen teenwoordig in die bloed en urine. Mense wat aan diabetes (suikersiekte) lei, vervaardig dit in groter hoeveelhede. Swanger vroue, borsvoedende moeders en kinders toon hoër vlakke van asetoon.[9] 'n Ketogeniese dieet, wat asetoonvlakke verhoog in die liggaam, word gebruik om epileptiese aanvalle in babas en kinders te verminder.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.