Aryabhata
From Wikipedia, the free encyclopedia
Aryabhata (Sanskrit: आर्यभट, Āryabhaṭa) of Aryabhata I[1][2] (476-550 n.C.)[3][4] was die eerste van die groot Indiese wiskundiges-sterrekundiges van die klassieke tydperk.
Sy werke sluit die Aryabhatiya in. Daarin word ’n aantal innoverings in wiskunde en sterrekunde in versvorm voorgestel wat al baie eeue lank invloedryk is.
Aryabhata was merkwaardig in die beskrywing van die relatiwiteit van beweging. Hy het relatiwiteit as volg beskryf: "Soos wat 'n man in 'n boot wat vorentoe vaar die stilstaande voorwerpe aan die oewer as terugbewegend sien, sien mense op die bewegende aarde niebewegende sterre asof hulle weswaarts beweeg".