Artritis
From Wikipedia, the free encyclopedia
Artritis is 'n term wat verwys na versteurings wat gewrigte affekteer.[1] Simptome sluit gewoonlik gewrigspyn en styfheid in. Ander simptome kan rooiheid, warmte, swelling en verminderde omvang van beweging van die aangetaste gewrigte insluit.[2] In sommige soorte artritis word ander organe ook aangetas.[3] Aanvang kan geleidelik of skielik wees.[1]
Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie. Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word. |
Kitsfeite
Artritis | ||
Klassifikasie en eksterne bronne | ||
Hande met gewrigsrumatiek. | ||
ICD-10 | M00-M25 | |
ICD-9 | 710 -719 | |
DiseasesDB | 15237 | |
MedlinePlus | 001243 | |
MeSH | D001168 | |
Mediese waarskuwing |
Sluit
Daar is meer as 100 soorte artritis.[4][5] Twee mees algemene vorme van artritis is osteoartritis en rumatoïede artritis (gewrigsrumatiek).[3]