From Wikipedia, the free encyclopedia
Artabanus II (ook gespel Artabanos II of Ardawan II; Parties: 𐭍𐭐𐭕𐭓, Ardawān), in ouer tekste verkeerdelik "Artabanus III" genoem,[1] was van 12 tot 38/41 n.C. koning van konings van die Partiese Ryk, met 'n jaar onderbreking.
Artabanus II 𐭍𐭐𐭕𐭓 | |
---|---|
Koning van konings | |
'n Tetradragme van Artabanus II, gemunt in 27 n.C. by Seleukië. | |
Koning van die Partiese Ryk | |
Heerskappy | 12-38/41 n.C. |
Voorganger | Vonones I Tiridates III (mededingerkoning) |
Opvolger | Vardanes I |
Gebore | 30-25 v.C. |
Oorlede | 38/41 n.C. |
Dinastie | Arsakiede |
Religie | Zoroastrisme |
Hy was die susterskind en opvolger van Vonones I, aangesien sy ma die dogter van die Partiese koning Fraates IV was.[2] Sy pa was 'n prins en moontlik 'n afstammeling van 'n vroeëre koning, Mitridates II.[3][2]
Voordat hy die Partiese troon bestyg het, was Artabanus koning van Atropatene. Van daar af het hy teen Vonones I geveg, omdat die Partiese adel teen Vorones was oor sy Romeinse opvoeding, en hom eindelik verslaan. Vonones het na die Koninkryk Armenië gevlug en dié land se koning geword.
Nadat Artabanus twee keer probeer het om sy seun op die Armeense troon te plaas, was 'n oorlog teen die Romeine onafwendbaar, want hulle het dit as 'n bedreiging beskou. Hulle het Fraates IV se kleinseun, Tiridates III, gestuur om Artabanus se troon oor te neem en Romeinse gesag in die gebied te herstel. Artabanus II se volgelinge het hom verlaat en hy het na die ooste gevlug.
Tiridates III kon nie beheer handhaaf nie, want die Parters het hom as 'n vasal van die Romeine beskou. Artabanus II het met 'n sterk leër Skitiërs van Hirkanië gekom en is weer deur die Parters aanvaar, terwyl Tiridates III na Sirië gevlug het.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.