![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/e8/Arabisch-Afrikaans.jpg/640px-Arabisch-Afrikaans.jpg&w=640&q=50)
Arabies-Afrikaans
Variant van Arabiese skrif wat gebruik word om Afrikaans te skryf / From Wikipedia, the free encyclopedia
Arabies-Afrikaans (اَرابيسي اَفريكانس) verwys na die genre van ou Kaaps-Maleisiese geskrifte in Afrikaans, maar geskryf in die Arabiese alfabet.[1] Elders in die wêreld staan die genre bekend as "ajami", wat dui daarop dat die Arabiese skrif vir 'n Arabies-volksvreemde taal gebruik is. Arabiese skrif word byvoorbeeld vir Persies (Farsi) en Swahili gebruik.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/e8/Arabisch-Afrikaans.jpg/320px-Arabisch-Afrikaans.jpg)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/b/bf/Arabiese_Afrikaans_Vokale.jpg/640px-Arabiese_Afrikaans_Vokale.jpg)