Anysberg-natuurreservaat
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Anysberg-natuurreservaat, 62 500 ha groot, is 'n natuurreservaat geleë in die westelike Klein Karoostreek van die Wes-Kaap in Suid-Afrika. Die sentrale berg is vernoem na die anysplantjie, Pimpinella anisum, wat hier aangetref word.[1]
Kitsfeite Koördinate: 33.5167°S 20.6167°O / ...
Anysberg-natuurreservaat | |
---|---|
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Naaste dorp | Laingsburg en Ladismith |
Koördinate: 33.5167°S 20.6167°O / -33.5167; 20.6167 | |
Oppervlak | 62 500 ha |
Openingsjaar | 1988 |
Bestuursliggaam | CapeNature |
Sluit
Die reservaat is in 1988 totstand gebring om fynbos en vetplante in die Kaapse soomband te bewaar, en om wild te hervestig wat in die verlede inheems hier voorgekom het.
Die naaste dorpe aan Anysberg is Laingsburg en Ladismith, beide ongeveer 55 km vanaf die reservaat se hoofhek.