![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/30/Flag_of_Jihad.svg/langaf-640px-Flag_of_Jihad.svg.png&w=640&q=50)
Ansar al-Sunna
Islamitiese militante groep in Mosambiek / From Wikipedia, the free encyclopedia
Ansar al-Sunna (Afrikaans: Ondersteuners van die tradisie), al-Shabaab, Ahlu al-Sunna en Swahili Sunna[1] is 'n Islamitiese militante groep wat in die provinsie Cabo Delgado, Mosambiek, bedrywig is. Die groep het veiligheidsmagte en burgerlikes aangeval in 'n poging om 'n Islamitiese staat in die gebied te vestig.[2]
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/30/Flag_of_Jihad.svg/640px-Flag_of_Jihad.svg.png)
Die terroriste groep is volgens berigte in Cabo Delgado gevorm deur aanhangers van die radikale Keniaanse geestelikes Aboud Rogo Mohammed, wat ná sy dood in 2012, hervestig is in Mosambiek. Die groep het in 2017 toenemend gewelddadig geword en aanvalle op regerings- en burgerlike teikens uitgevoer.[3] Die groep word befonds uit onwettige smokkelary, godsdienstige netwerke en mensehandelaars, wat die groep gebruik om rekrute na Tanzanië, Kenia en Somalië te stuur vir militêre en ideologiese opleiding.[4]
Na berig word is lede van Ansar al-Sunna meestal Mosambiekers uit die distrikte Mocimboa da Praia, Palma en Macomia, maar sluit ook buitelandse burgers van Tanzanië en Somalië in. Portugees, Kimwane en Swahili word almal deur die groeplede gepraat.[5] Die groep werf aktief jong Mosambiekers aan wat haatdraend is teenoor die regering as gevolg van hoë werkloosheid en 'n gebrek aan ekonomiese geleenthede.[1]