Egiptiese god From Wikipedia, the free encyclopedia
Anoebis was die Griekse naam (Ἄνουβις) van ’n god in die Egiptiese mitologie met die kop van ’n jakkals wat verbind is met balseming en die hiernamaals.
Nes ander Egiptiese gode het hy in verskillende kontekste verskillende rolle gehad. Hy is reeds in die 1ste Dinastie (omstreeks 3100-2890 v.C.) as die beskermer van grafte uitgebeeld. Hy het die afgestorwenes se siele geweeg tydens die "Weeg van die Hart"-seremonie om vas te stel of ’n siel die paradys mag binnegaan.[1] Anoebis was ook ’n balsemer. Teen die tyd van die Middelryk (omstreeks 2055-1650 v.C.) is hy deur Osiris vervang in sy rol as god van die onderwêreld.
Hoewel hy een van die gode is wat die meeste genoem en uitgebeeld is, het Anoebis feitlik geen rol in die Egiptiese mites gespeel nie.[2] Hy is donker uitgebeeld, wat verband gehou het met hergeboorte asook die kleur van die liggaam ná balseming. Sy vroulike eweknie is Anpoet en sy dogter is die slanggodin Kebechet.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.