From Wikipedia, the free encyclopedia
Anna-Lou Leibovitz (gebore 2 Oktober 1949) is 'n Amerikaanse portretfotograaf wat bekend is vir haar innemende portrette, veral van bekendes, wat dikwels mense in 'n intieme omgewing en posisies uitbeeld. Leibovitz se Polaroid-foto van John Lennon en Yoko Ono, wat vyf uur voor die moord op Lennon geneem is, word beskou as een van die tydskrif Rolling Stone se beroemdse voorbladfoto's.[1]
Annie Leibovitz | |
---|---|
Leibovitz in 2008. | |
Geboortenaam | Anna-Lou Leibovitz |
Gebore | 2 Oktober 1949 Waterbury, Connecticut, VSA |
Sterf | |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Veld | Fotografie |
Opleiding | San Francisco-kunsinstituut |
Die Biblioteek van die VSA-kongres het haar verklaar tot 'n lewende legende, en sy is die eerste vrou wat 'n uitstalling gehad het in Washington se nasionale portretgalery.[2]
Leibovitz is op 2 Oktober 1949 in Waterbury, Connecticut, gebore[3] as die derde oudste van ses kinders van Samuel Leibovitz en Marilyn Edith (gebore Heit).[4] Haar pa was 'n luitenant-kolonel in die Amerikaanse lugmag en was van Roemeens-Joodse afkoms.[4] Haar ma was 'n instruktrise in moderne dans van Esties-Joodse afkoms.
Die familie het dikwels rondgetrek en sy het haar eerste foto's tydens die Viëtnamoorlog in die Filippyne geneem.[5][6]
Leibovitz het aan die San Francisco-kunsinstituut studeer[7] in skilderwerk met die bedoeling om 'n kunsonderwyser te word.[6] Nadat sy haar eerste fotografiewerksessie bygewoon het, het sy haar hoofvak na fotografie verander. Sy is geïnspireer deur die werk van Robert Frank en Henri Cartier-Bresson.[8]
Baie jare lank was Leibovitz se gunstelingkamera 'n Mamiya RZ67.[9][10] Sy het ook die volgende kameras gebruik:
Leibovitz het in 1970 'n loopbaan as fotograaf by Rolling Stone begin. In 1973 is sy as hooffotograaf aangestel, 'n posisie wat sy die volgende 10 jaar sou beklee. Sy het tot in 1983 by die tydskrif gewerk en gehelp om die Rolling Stone-voorkoms te definieer met haar intieme foto's van bekendes.[12]
Op 8 Desember 1980 het Leibovitz 'n fotosessie met John Lennon gehad vir Rolling Stone en hom belowe hy sou op die voorblad verskyn. Nadat hy gevra het Yoko moet ook op die foto wees en sy verskeie posisies probeer het, het sy Lennon gevra om sy klere uit te trek en langs Yoko op te krul. Dit was die laaste professionele foto van Lennon. Hy is vyf uur later doodgeskiet. 'n Maand later het haar foto op die voorblad van Rolling Stone verskyn.
Leibovitz se nuwe styl van beligting en gebruik van helder kleure het haar in 1983 'n posisie by die tydskrif Vanity Fair besorg.[13][14]
In 1991 het sy 'n uitstalling gehou in die nasionale portretgalery in Washington. Sy was die eerste vrou en die tweede lewende portretfotograaf wat dit reggekry het.[15][16] In dieselfde jaar is sy deur die Franse regering 'n kommandeur van die Ordre des Arts et des Lettres gemaak.[15] Ook in 1991 het Leibovitz die beroemde fotograaf Margaret Bourke-White nagedoen deur op een van die arenddakspuiers op die 61ste verdieping van die Chrysler-gebou in Manhattan te klim waar sy die danser David Parsons op 'n ander arenddakspuier afgeneem het. Die bekende fotograaf en fotoredakteur van Life John Loengard het Leibovitz se gevaarlike manewales op dié dag vir The New York Times afgeneem.[17]
In 1998 het Leibovitz gereeld vir die tydskrif Vogue begin werk.[14]
In 2007 is 'n groot uitstalling van Leibovitz se werk in die Brooklynmuseum gehou.[18] Dit was gebaseer op haar boek Annie Leibovitz: A Photographer's Life, 1990-2005 en het baie van haar professionele foto's van bekendes en persoonlike foto's van haar familie, kinders en lewensmaat Susan Sontag ingesluit. Dat is daarna op sewe ander plekke vertoon, onder meer Washington, D.C., San Francisco en Berlyn, Duitsland.[19][20]
Onder Leibovitz se talle merkwaardige foto's tel die volgende:
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.