Annie Botha
Suid-Afrika se eerste premiersvrou na Uniewording / From Wikipedia, the free encyclopedia
Annie Frances Bland Botha (gebore Emmett, Swellendam, Kaapkolonie, 3 Julie 1864 – Sezela, Natalse suidkus, 20 Mei 1937)[1] was ’n vroueleidster en Suid-Afrika se eerste premiersvrou van Uniewording tot haar man, genl. Louis Botha, se afsterwe op 27 Augustus 1919. T.C. Pienaar skryf in die Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek: "As eggenote van 'n vooraanstaande openbare figuur het (Annie Botha) 'n interessante tydperk in ons geskiedenis deurleef. Sy en haar man verteenwoordig 'n nuwe geslag Afrikaners in politieke kringe en hulle het daarin geslaag om die eenvoudigste boer en die vernaamste besoeker in die Botha-woning tuis te laat voel. Deur die stigting van die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie het sy 'n aansienlike bydrae gelewer tot volksopheffing en die nasionale behoud van die Afrikaner."