![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/68/Andr%25C3%25A9_Previn.jpg/640px-Andr%25C3%25A9_Previn.jpg&w=640&q=50)
André Previn
From Wikipedia, the free encyclopedia
André George Previn, (Engelse uitspraak: /ˈprɛvɪn/; gebore as Andreas Ludwig Priwin; 6 April 1929 – 28 Februarie 2019)[1][2] was 'n Duits-Amerikaanse pianis, komponis, musiekrangskikker en dirigent.
André Previn | |
---|---|
![]() Previn in Oktober 1973 | |
Gebore | Andreas Ludwig Priwin (1929-04-06)6 April 1929 |
Sterf | 28 Februarie 2019 (op 89) New York Stad, New York, VSA |
Beroep |
|
Jare aktief | 1943–2019 |
Kinders | 9 |
Webwerf | www |
Sy loopbaan was drieledig. Hy het begin deur Hollywood klankbane vir Metro-Goldwyn-Mayer te rangskik en te komponeer, en was betrokke in die musiek van oor die vyftig rolprente gedurende sy loopbaan. Hy het vier Academy Awards vir sy rolprentwerk ontvang en tien Grammys vir sy opnames (asook 'n Grammy Lifetime Achievement Award). Hy was musikale direkteur van die Houston Simfonieorkes, Pittsburgh Simfonieorkes, Los Angeles Filharmoniese Orkes en die Oslo Filharmoniese Orkes, asook hoofdirigent van die Londense Simfonieorkes en die Koninklike Filharmoniese Orkes. Wat jazz betref, was Previn 'n pianis-interpreteerder en rangskikker van liedere uit die Great American Songbook. Hy was ook 'n klavier-begeleier tot sangers van jazz-standaarde, en 'n trio-pianis.