Andronikos II Palaiologos
From Wikipedia, the free encyclopedia
Andronikos II Palaiologos of Paleologus (Grieks: Ἀνδρόνικος Β′ Παλαιολόγος; 25 Maart 1259 - 13 Februarie 1332) was van 1282 tot 1328 keiser van die Bisantynse Ryk.
Kitsfeite Bewind, Voorganger ...
Andronikos II Palaiologos | |
---|---|
Keiser van die Bisantynse Ryk | |
![]() ’n Skildery van Andronikos II. | |
Bewind | 11 Desember 1282 - 24 Mei 1328 |
Voorganger | Michael VIII Palaiologos |
Opvolger | Andronikos III Palaiologos |
Gebore | 25 Maart 1259 |
Oorlede | 13 Februarie 1332 (op 72) |
Dinastie | Palaiologos |
Vrou | Anna van Hongarye Yolande van Montferrat |
Vader | Michael VIII Palaiologos |
Moeder | Theodora Palaiologina |
Sluit
Hy is gebore as Andronikos Doukas Angelos Komnenos Palaiologos en was die oudste oorlewende seun van Michael VIII, die stigter van die Palaiologos-dinastie wat tot met die val van Konstantinopel in 1453 oor die Bisantynse Ryk regeer het.