![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/7/79/Ds_A_Stockenstr%25C3%25B6m.jpg/640px-Ds_A_Stockenstr%25C3%25B6m.jpg&w=640&q=50)
Andries Stockenström (predikant)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Ds. Andries (Stokkies) Stockenström (Prins Albert, Kaapkolonie, 24 Julie 1883 – Ficksburg, Oranje-Vrystaat, 21 Julie 1977) was ’n leraar twee gemeentes van die NG Kerk en skrywer van die NG gemeente Ficksburg se gedenkboek Historiese oorsig van die gemeente Ficksburg 1869–1957 (wat gepubliseer is met die oog op die jubileum van die kerkgebou, ingewy in 1907).
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/7/79/Ds_A_Stockenstr%C3%B6m.jpg/640px-Ds_A_Stockenstr%C3%B6m.jpg)
Ds. Stockenström is ná sy dood, drie dae voor sy 94ste verjaardag in die hospitaal op Ficksburg nadat hy lank siek was, beskryf as ’n kleurryke karakter wat altyd gesê het hy hou van ’n kort preek en ’n lang boerewors, aldus ’n berig in ’n plaaslike koerant (waarskynlik die Ficksburg News) ná sy dood. Buiten vier jaar as hulppredikant in die Paarl, het hy sy hele bediening in die Vrystaatse Kerk deurgebring.