Anale seks
inplasing van die penis in die anus of ander seksuele aktiwiteit wat die anus betrek / From Wikipedia, the free encyclopedia
Anale seks, of anale omgang, is 'n vorm van menslike seksuele omgang. Alhoewel daar verskeie seksuele aktiwiteite is wat die anus, anale holte, sluitklep en/of rektum betrek, verwys die term "anale seks" na die gebruik waar die penis in die anus geplaas word. Hierdie wyse van seksuele omgang word beskou as een wat 'n hoë risiko dra te wyte aan die kwesbaarheid van die anale weefsel en die septiese geaardheid van die anus.[1]