chemiese verbinding From Wikipedia, the free encyclopedia
Aluminiumnitried is 'n verbinding van aluminium en stikstof met die chemiese formule AlN.
Algemeen | |
---|---|
Naam | Aluminiumnitried |
Chemiese formule | AlN |
Molêre massa | 40,98[1] |
CAS-nommer | 24304-00-5[1] |
Voorkoms | wit tot roomkleurige vastestof[1] |
Reuk | reukloos [1] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a=311,3; c=497,9pm[2] |
Ruimtegroep | P63mc |
Nommer | 186 |
Strukturbericht | B4 |
Smeltpunt | 2200 °C[3] |
Kookpunt | 2517 °C (ontbind)[3] |
Digtheid | 3,260[1] |
Oplosbaarheid | Reageer met water |
Cp(s) | 780 J/kgK[3] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Die stabiele fase onder kameromstandighede het die heksagonale wurtziet-struktuur (B4 in die strukturbericht-klassifikasie). Daar is ook 'n metastabiele β-AlN-fase wat die sfaleriet-struktuur het (B3).[4]
Dit is 'n meganies harde materiaal met 'n hoë smeltpunt en 'n baie hoë termiese geleibaarheid (320 W/mK).[5] Die elektriese geleibaarheid is baie laag. α-AlN het 'n indirekte bandgaping van 6,2 eV wat die materiaal deursigtig maak in 'n groot deel van die ultravioletdeel van die elektromagnetiese spektrum.[4]
Die stof is gevoelig vir suurstof.[4] AlN hidroliseer in water, maar teen 'n pH<7 vind die reaksie baie stadig plaas. Teen 'n hoër pH vind 'n hidrolisereaksie plaas wat ammoniak vrystel en die nitried in oplossing laat:[5]
AlN word gewoonlik vervaardig deur karbonitridering van Al2O3. Dit verg egter baie hoë temperature en onsuiwerhede in die alumina en die koolstof wat gebruik word neig om in die nitriedpoeier tereg te kom. Hierdie poeiers moet nog verdig word deur sintering of warmpers.[6]
Die ontwikkeling van AlN-keramiekmateriale is grootliks weens die vraag na materiaal met 'n hoë termiese geleidingsvermoë, maar wat ook 'n elektriese isolator is. Hierdie kombinasie is belangrik vir toepassings soos substrate en omhulsels in hibriede stroombane, kragelektronika of mikrogolfbuise.[6]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.