From Wikipedia, the free encyclopedia
Alpha Scuti (afgekort as α Sct) is ’n oranje ster in die suidelike sterrebeeld Skild (Scutum). Dit was oorspronklik deel van die Arend-sterrebeeld met die naam 1 Aquilae.[8] Met ’n skynbare magnitude van 3,83 is dit dofweg met die blote oog sigbaar.[3] Volgens parallaksmetings is dit sowat 199 ligjare van die Son af en beweeg dit weg teen ’n radiale snelheid van 36,5 km/s.[9]
Alpha Scuti
| ||||
Die ligging van Alpha Scuti (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Skild | |||
Spektraaltipe | K3 III[1] | |||
Soort | Reusester | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 18h 35m 12.42776s[2] | |||
Deklinasie | -8° 14′ 38.6529″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 3,83[3] | |||
Absolute magnitude (M) | -0,08[4] | |||
B-V-kleurindeks | +1,34[3] | |||
U-B-kleurindeks | +1,53[3] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 1,33[5] | |||
Radius (R☉) | 20[5] | |||
Ligsterkte (L☉) | 186[4] | |||
Temperatuur (K) | 4 315[6] | |||
Afstand (ligjaar) | 199 | |||
Rotasiespoed (km/s) | 1,7[7] | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | -0,04[4] | |||
Ander name | ||||
BD-08°4638, FK5 1482, GC 25385, HD 171443, HIP 91117, HR 6973, LTT 7377, NSV 11056, SAO 142408 | ||||
|
Sy sterreklassifikasie is K3 III,[1] wat beteken dit is ’n K-tipe geëvolueerde reusester. Alpha Scuti is vermoedelik ’n veranderlike ster met ’n magnitudewisseling van 3,81 tot 3,87.[10] Die ster se massa is sowat 1,33 keer dié van die Son, maar dit het uitgesit tot ’n radius van 20 keer die Son s'n.[5] Sy ligsterkte is 186 keer die Son s'n[4] teen ’n effektiewe temperatuur van 4 315 K.[6]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.