Alderamin
From Wikipedia, the free encyclopedia
Alderamin (ook bekend as Alpha Cephei of α Cep) is ’n helder ster in die sterrebeeld Kefeus (Cepheus) naby die noordelike hemelpool. Dit is redelik naby aan die Son, sowat 49 ligjare.
Kitsfeite
Alderamin
| ||||
Alderamin se ligging (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Kefeus | |||
Bayer-naam | Alpha Cephei | |||
Spektraaltipe | A8Vn[1] | |||
Soort | Hoofreeksster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 21h 18m 34.7715s[2] | |||
Deklinasie | +62° 35′ 08.061″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 2,5141[3] | |||
Absolute magnitude (M) | 1,57[4] | |||
B-V-kleurindeks | +0,21[5] | |||
U-B-kleurindeks | +0,12[5] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 1,74[4] | |||
Radius (R☉) | 2,3[6] | |||
Ligsterkte (L☉) | 17[6] | |||
Temperatuur (K) | 7 740 ± 170[6] | |||
Eienskappe | ||||
Veranderlikheid | δ Sct[7] | |||
Ander name | ||||
Alderamin, 5 Cep, 2MASS J21183475+6235081, AG+62° 1226, BD +61°2111, CCDM J21186+6236A, FK5 803, GCTP 5139.00, Gl 826, HD 203280, HIP 105199, HR 8162, SAO 19302 | ||||
|
Sluit
Met ’n deklinasie van meer as 62 grade noord is Alderamin meestal in die Noordelike Halfrond sigbaar, en reg deur die jaar in Europa, Noord-Asië, Kanada en Amerikaanse stede so ver suid as San Diego. Vanweë sy skynbare magnitude van sowat 2,5 is dit maklik met die blote oog sigbaar, selfs in stede met ligte lugbesoedeling.