Schedar
From Wikipedia, the free encyclopedia
Schedar (ook bekend a Alpha Cassiopeiae of α Cas) is ’n ster van die tweede magnitude in die sterrebeeld Kassiopeia. Hoewel dit deur Johann Bayer as die "alfaster" aangedui is, ding dit om helderheid mee met die β-ster in die sterrebeeld. Dit is soms effens dowwer en soms effens helderder, na gelang van die metingsmetode wat gebruik word. Onlangse metings deur Nasa het egter bevestig α Cas is die helderste ster in Kassiopeia, met ’n skynbare magnitude van 2,24. Sy absolute magnitude is 18 keer dié van β Cas, maar dit is verder van die Son af geleë (228 ligjare teenoor 54).
Kitsfeite
Alpha Cassiopeiae
| ||||
Schedar se ligging (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Kassiopeia | |||
Bayer-naam | α Cassiopeiae | |||
Spektraaltipe | K0 IIIa[1] | |||
Soort | Reusester | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 00h 40m 30.4405s[1] | |||
Deklinasie | +56° 32′ 14.392″[1] | |||
Skynmagnitude (m) | 2,240[2] | |||
Absolute magnitude (M) | 1,985[2] | |||
B-V-kleurindeks | 1,16 | |||
U-B-kleurindeks | 1,14 | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 4-5[3] | |||
Radius (R☉) | 42,1 ± 1,7[4] | |||
Ligsterkte (L☉) | 676 | |||
Ouderdom (jaar) | 100 miljoen – 200 miljoen[3] | |||
Temperatuur (K) | 4 530[3] | |||
Ander name | ||||
Schedar, α Cas, 18 Cas, HR 168, BD+55°139, HD 3712, SAO 21609, FK5 21, HIP 3179, GC 792, ADS 561, CCDM J00405+5632 | ||||
|
Sluit