From Wikipedia, the free encyclopedia
Acubens (ook bekend as Alpha Cancri of α Cnc) is ’n dubbelster in die sterrebeeld Kreef (Cancer).
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Alpha Cancri
| ||||
Die ligging van α Cancri (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Kreef | |||
Bayer-naam | α Cancri | |||
Spektraaltipe | A5m[1] | |||
Soort | Dubbelster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 08h 58m 29.2217s[1] | |||
Deklinasie | +11° 51′ 27.723″[1] | |||
Skynmagnitude (m) | 4,2 tot 4,27[2] | |||
Absolute magnitude (M) | 0,6 | |||
B-V-kleurindeks | +0,14 | |||
U-B-kleurindeks | +0,15 | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 2[3] | |||
Radius (R☉) | 0,998[4] | |||
Ligsterkte (L☉) | 23[3] | |||
Ander name | ||||
Acubens, Sertan, Sartan, α Cnc, Alpha Cancri, Alpha Cnc, 65 Cancri, 65 Cnc, ADS 7115 A, BD+12 1948, CCDM J08585+1151A, FK5 337, GC 12406, HD 76756, HIP 44066, HR 3572, IDS 08530+1215 A, PPM 125972, SAO 98267.[1][5] | ||||
|
Die ster as Bayer-naam is "Alpha Cancri" en sy Flamsteed-naam "65 Cancri". Die tradisionele naam, "Acubens", kom van die Arabiese الزبانى al zubanāh, "die kloue".[6]
In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Acubens" vir die ster goedgekeur.[7]
Acubens het ’n skynbare magnitude van 4,2 en is dus met die blote oog sigbaar. Met sy sterreklassifikasie van A5m is sy ligsterkte 23 keer dié van die Son. Die ster is sowat 174 ligjare van die Son af.[8]
Aangesien dit naby die Sonnebaan lê, kan dit deur die Maan verduister word en soms ook deur planete.
Die primêre komponent, α Cancri A, is ’n wit A-tipe hoofreeksster met ’n skynbare magnitude van 4,26. Sy metgesel, α Cancri B, is ’n ster van die 11de magnitude.
Deur sy ligkurwe tydens verduisterings te bestudeer, word geglo α Cancri A is self ’n dubbelster van twee sterre met dieselfde helderheid en ’n skeiding van 0,1 boogsekondes.[5]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.