Sadalmelik (ook genoem Alpha Aquarii of α Aqr) is volgens data van die Hipparcos-sending sowat 520 ligjare van die Son af geleë.[2] Dit is die tweede helderste ster in die sterrebeeld Waterdraer (Aquarius) en het ’n skynbare magnitude van 2,94.[3]
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Alpha Aquarii
| ||||
Sadalmelik se ligging (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Waterdraer | |||
Bayer-naam | Alpha Aquarii | |||
Spektraaltipe | G2 Ib[1] | |||
Soort | Superreus | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 22h 05m 47.03593s[2] | |||
Deklinasie | −00° 19′ 11.4568″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 2,94[3] | |||
B-V-kleurindeks | +0,97[3] | |||
U-B-kleurindeks | +0,699[3] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 6,5[1] | |||
Radius (R☉) | 77 | |||
Ligsterkte (L☉) | 3 000 | |||
Ouderdom (jaar) | 53 miljoen[1] | |||
Temperatuur (K) | 5 210[1] | |||
Ander name | ||||
El Melik, Rucbah, Saad el Melik, Sadalmelek, Sadalmelik, Sadlamulk, α Aqr, Alpha Aquarii, Alpha Aqr, 34 Aquarii, 34 Aqr, BD−01 4246, FK5 827, HD 209750, HIP 109074, HR 8414, SAO 145862.[4][5][6][7] | ||||
|
Eienskappe
Die ster is 53 miljoen jaar oud[1] en het ontwikkel in ’n superreus met ’n sterreklassifikasie van G2 Ib.[1] Sy massa is 6,5 keer dié van die Son,[1] sy radius sowat 77 keer[8] en sy ligsterkte 3 000 keer die Son s’n.[9] Sy oppervlaktemperatuur is sowat 5 210 K.[1] Dit is wat Sadalmelik die geel skynsel van ’n G-tipe ster gee.[10] Waarnemings deur die Chandra-X-straalsterrewag toon dit straal min X-strale uit in vergelyking met G-tipe hoofreekssterre. Dit is ’n algemene kenmerk van vroeë G-tipe reusesterre.[9]
Sadalmelik het ’n visuele metgesel, 2MASS J22055176-0017468, met ’n skynbare magnitude van sowat 12,2. Dit lê teen ’n hoekskeiding van 110,4 boogsekondes van Sadalmelik, teen ’n posisiehoek van 40°.[6]
Naam
Die ster se Bayer-naam is "Alpha Aquarii". Die tradisionele naam, "Sadalmelik", kom van die Arabiese uitdrukking سعد الملك sa‘d al-malik, "geluk van die koning". Die oorsprong van die naam is onbekend.
In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Sadalmelik" vir die ster goedgekeur.[11]
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.