From Wikipedia, the free encyclopedia
Alpha Apodis (ook bekend as α Apodis of α Aps) is die helderste ster in die sterrebeeld Paradysvoël (Apus), met ’n skynbare magnitude van 3,825. Met ’n deklinasie van -79° is dit ’n sirkumpolêre ster in ’n groot deel van die Suidelike Halfrond. Dit kan snags uitgeken word deur ’n denkbeeldige lyn deur Alpha Centauri en Alpha Circini te trek en dit tot by die hemelsuidpool te verleng.[7]
Alpha Apodis
| ||||
Ligging van α Apodis (in rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Paradysvoël | |||
Spektraaltipe | K2,5 III | |||
Soort | Reusester | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 14h 47m 51.71203s[1] | |||
Deklinasie | −79° 02′ 41.1032″[1] | |||
Skynmagnitude (m) | 3,825[2] | |||
Absolute magnitude (M) | −1,67[3] | |||
B-V-kleurindeks | +1,43[4] | |||
U-B-kleurindeks | +1,68[4] | |||
Besonderhede | ||||
Radius (R☉) | 48[5] | |||
Ligsterkte (L☉) | 928[6] | |||
Temperatuur (K) | 4 312[6] | |||
Ander name | ||||
α Aps, CPD−78°893, FK5 542, HD 129078, HIP 72370, HR 5470, SAO 257193. | ||||
|
Dit is ’n K-tipe reusester van spektraaltipe K2,5 III, wat daarop dui dat dit die waterstof in sy kern opgebruik en weg van die hoofreeks beweeg het. Dit het uitgesit tot 48 keer die sonradius en straal 980 soveel lig uit as die Son. Die fotosfeer het ’n effektiewe temperatuur van 4 256 K en dit het dus die tipiese oranje skynsel van K-tipe sterre.[8]
Die ster is sowat 430 ligjare van die Sonnestelsel af.[9] Dit is onduidelik of dit ’n metgeselster het.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.