From Wikipedia, the free encyclopedia
Alnilam, ook bekend as Epsilon Orionis en 46 Orionis, is ’n groot blou superreus sowat 2 000 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Jagter. Dit is na raming 275 000 tot 537 000 keer so helder soos die Son, en sy massa is omtrent 34 keer dié van die Son.
Alnilam | ||||
Alnilam verlig NGC 1990 (foto deur Glen Youman). | ||||
Sterrebeeld | Jagter | |||
Spektraaltipe | B0 Ia[1] | |||
Soort | Blouwit superreus | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 05h 36m 12.8s[2] | |||
Deklinasie | -01° 12′ 06.9″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 1,69[3] (1,64-1,74[4]) | |||
Absolute magnitude (M) | -6,95[5] | |||
B-V-kleurindeks | -0,18[3] | |||
U-B-kleurindeks | -1,03[3] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 30-64,5[6] | |||
Radius (R☉) | 42[6] | |||
Ligsterkte (L☉) | 832 000[6] | |||
Ouderdom (jaar) | 5,7 miljoen[7] | |||
Temperatuur (K) | 27 000[6][8] | |||
Rotasiespoed (km/s) | 40-70[6] | |||
Eienskappe | ||||
Veranderlikheid | α Cygni[4] | |||
Ander name | ||||
ε Ori, 46 Orionis, 112 G Orionis, HR 1903, BD -01°969, HD 37128, SAO 132346, FK5 210, HIP 26311, TD1 4963 | ||||
|
Alnilam is die 29ste helderste ster in die naglug en die 4de helderste in die Jagter; dit is ’n blouwit superreus. Saam met Mintaka en Alnitak vorm dit die Jagter se Belt, of Drie Konings. Alnilam is die middelste ster. Dit is effens veranderlik, van magnitude 1,64 tot 1,74. Sedert 1943 dien sy spektrum as een van die stabiele ankerpunte waarvolgens ander sterre geklassifiseer word.[1] Dit is ook een van die 58 sterre wat snags vir navigasie gebruik word.
Binne die volgende miljoen jaar kan die ster ’n rooi superreus word en as ’n supernova ontplof. Dit word omring deur ’n molekulêre wolk, NGC 1990, wat deur Alnilam verlig word en dus ’n refleksienewel is. Die ster se winde bereik snelhede van tot 2 000 km/s, wat veroorsaak dat dit 20 miljoen keer vinniger as die Son massa verloor.[8]
Die tradisionele naam Alnilam kom van die Arabiese naam النيلم (Al-nilam), wat verwant is aan die woord nilam "saffier". Ander spellings is Alnihan en Alnitam:[9] Al drie spellings is blykbaar transliterasie- of kopieerfoute.[10] In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie ’n werksessie gereël[11] om stername te standaardiseer en katalogiseer. Daar is op die naam Alnilam vir dié ster besluit.[12]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.