Aleksander van Twer
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Aleksander (Russies: Александр Михайлович Тверской; 7 Oktober 1301 – 29 Oktober 1339) was as Aleksander I prins van Twer en as Aleksander II grootprins van Wladimir.
Aleksander I Aleksander II | |
---|---|
Prins van Twer Grootprins van Wladimir | |
Prins Aleksander van Twer in Pskof, deur Boris Tsjorikof. | |
Periode | 1326–1327 |
Voorganger | Dmitri II van Twer |
Opvolger | Iwan I van Moskou |
Huis | Rjoerik |
Vader | Michail van Twer |
Gebore | 7 Oktober 1301 |
Oorlede | 29 Oktober 1339 |
Aleksander was die tweede oudste seun van Michail van Twer en Anna van Kasjin. In 1326 het hy sy broer, Dmitri, opgevolg as grootprins van Wladimir nadat Dmitri Joeri III van Moskou vermoor het uit wraak vir die dood van hul pa en Dmitri toe deur die khan van die Goue Horde laat teregstel is.[1]
In 1327 het ’n Tartaarse amptenaar van die Goue Horde, Shefkal, en ’n groot gevolg in Twer aangekom. Hulle het in Aleksander se paleis gebly en die stad begin terroriseer deur hot en haar te roof en moor. Gerugte het versprei dat Shefkal die prins wou vermoor, self die troon oorneem en Islam aan die stad opdwing. Op 15 Augustus 1327 het ’n skare tydens ’n beweerde rooftog op die Tartare afgestorm en hulle vermoor. Shefkal en die res van sy wagte is aan die brand gesteek.[2]
Iwan I van Moskou, die broer van Joeri III van Moskou wat in 1322 deur Dmitri vermoor is, het na die Goue Horde se hoofstad, Sarai, gegaan en die khan oorreed om die amp van grootprins van Wladimir aan Moskou toe te ken. Die khan het Iwan ook met ’n leër van 50 000 man na Twer gestuur om die stad te straf. Aleksander en sy gesin het na Nowgorod gevlug, maar was nie welkom daar nie uit vrees vir die Tartare. Hulle het toe na Pskof gegaan.
Pskof het Aleksander nie net verwelkom nie, maar ook hul prins gemaak. Om te keer dat ’n Tartaarse leër Pskof aanval, wou Aleksander die stad verlaat, maar die inwoners wou hom nie laat gaan nie. In 1329 het Iwan en ander prinse oorlog teen Pskof verklaar. Aleksander het na Litaue en van daar na Swede gevlug. Hy het ’n jaar en ’n half later na Pskof teruggekeer.
In 1335 het hy sy seun, Fjodor, na die Horde gestuur om om vergifnis te pleit. Twee jaar later is hy self daarheen. Die khan het hom vir eers vergewe en na Twer teruggestuur. Dit het gelei tot verdere vyandelikheid met Moskou. Op 29 Oktober 1339 is Aleksander en Fjodor op bevel van die khan in Sarai tereggestel.[3]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.