Albrecht Dürer
From Wikipedia, the free encyclopedia
Albrecht Dürer die Jongere (soms ook Duerer gespel, * 21 Mei 1471, † 6 April 1528 in Neurenberg) was 'n Duitse skilder, grafikus, wiskundige en kunsteoretikus wat as een van die vooraanstaande kunstenaars van die Renaissance-tydperk beskou word.
Albrecht Dürer | |
---|---|
'n Selfprotret van Dürer op die ouderdom van 28 in 1500 | |
Gebore | (1471-05-21)21 Mei 1471 Neurenberg, Heilige Romeinse Ryk |
Sterf | 6 April 1528 (op 56) Neurenberg, Heilige Romeinse Ryk |
Nasionaliteit | Heilige Romeinse Ryk |
Veld | skildery, gravure |
Beweging | Hoog-Renaissance |
Die Duitse graveur en skilder Albrecht Dürer (1471 – 1528) word algemeen as ʼn kunstenaar van wêreldformaat beskou. Sy grafiese werk - houtsnee en gravure - het
Noord-Europese kunstenaars gestimuleer om Laat-Gotiese vormgewing te laat vaar ten gunste van die Italiaanse Renaissance.
Albrecht Dürer is op 21 Mei 1471 in Neurenberg gebore. Sy vader was ʼn goudsmid. Op 15-jarige leeftyd het hy hom by die ateljee van die skilder en houtsnyer Michael Wolgemut (1434- 1519) aangesluit. In daardie jare is houtsneewerk onder andere
gebruik om boeke mee te illustreer. Dürer, wie se peetvader die bekende uitgewer Anton Koburger (1440- 1513) was, het daartoe bygedra dat die houtsneekuns 'n hoë peil bereik.
In Italië het hy kennisgemaak het die skilder en grafikus Jacopo de' Barbari uit Venesië.
Sy skilderye en grafiese werk het in sy tyd 'n ongewoon moderne blik op die wêreld gegee - so het Dürer die nuwe boekdrukkuns met groot gevolg as kommunikasiemiddel ingespan en sy reekse grafiese werke aangebied as 'n kunsvorm wat vir iedereen toeganklik was. Sy kuns het sodoende wye toegang verkry, en vanweë sy veelsydige kunstenaarskap is reeds in sy eie leeftyd na hom verwys as die Duitse Leonardo da Vinci.