From Wikipedia, the free encyclopedia
Al-A‘râf (Arabies: ٱلْأَعْرَاف, "Die Verhewe Plekke") is die 7de soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 206 ajat, of verse. Dit is 'n Mekkaanse soera, wat beteken dit is vermoedelik in Mekka geopenbaar.
Die hoofstuk se naam kom van verse 46-47, waarin die woord Al-A‘râf voorkom:
46: En tussen hulle is ’n sluier. En op die Verhewe Plekke is manne, wat almal aan hulle merktekens herken. En tot die bewoners van die Tuin roep hulle uit: Vrede op julle! Hulle het dit nog nie binnegegaan nie, hoewel hulle daarop hoop.
47: En wanneer hulle oë na die bewoners van die Vuur gerig is, sê hulle: Ons Heer! Plaas ons nie saam met die onregverdiges nie.[1]
Volgens die Islamitiese geleerde Abul A'la Maududi is die hoofstuk omtrent dieselfde tyd as Al-An'am geopenbaar, dus in die laaste jaar van die profeet Mohammed se verblyf in Mekka.
Van die temas wat behandel word, is die val van Adam en Eva, die geskiedenis van Hüd, die verhaal van Noag, die storie van Moses en die koms van die Oordeel.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.