Akademie vir Skone Kunste (Umeå)

From Wikipedia, the free encyclopedia

Akademie vir Skone Kunste (Umeå)map

Die Akademie vir Skone Kunste van Umeå (Konsthögskolan i Umeå) is 'n Sweedse kunsskool aan die Universiteit van Umeå. Die kunsskool maak saam met die Umeå Akademie vir argitektuur, die Desinginstituut, die Bildmuseet en HumlabX deel uit van die Umeå Kunskampus.

Kitsfeite Gestig:, Tipe: ...
Akademie vir Skone Kunste
Konsthögskolan i Umeå
Thumb
Die hoofgebou

Gestig:1987
Tipe:openbare universiteit
Rektor:Roland Spolander
Personeel:18
Studentetal:70
Ligging:Umeå, Västerbotten, Swede
63.8208°N 20.27701°O / 63.8208; 20.27701
Webtuiste:http://www.art.umu.se/en/
Sluit
Thumb
Ingang van die akademie

Opleidingskursusse

Die kunsskool bied twee kursusse in die beeldende kuns aan: die driejarige baccalaureusgraad (BFA) en 'n tweejarige nagraadse Meesterskursus (MFA). Daar word ook kursusse in estetika I, II en III aangebied en somerkursusse word georganiseer. Die opleiding in beeldende kunste bevat praktiese sowel as teoretiese aspekte. Studente leer om te werk met hout, metaal, gips, brons, afdrukke, foto's, video's, klank en rekenaargebaseerde kuns.

Die werk van die studente word sedert 1993 deurlopend in hul eie kunsgalery uitgestal[1] en op die jaarlikse uitstalling wat op die skoolterrein of in die nabygeleë Bildmuseet gehou word.[2]

Die kunsskool doen ook navorsing op artistieke basis, verwant aan die nasionale "Artistieke Navorsing skool" (Konstnärliga forskarskolan)[3] en 'n aantal ander navorsingsprojekte.

Geboue

Die opleiding is aanvanklik in 'n ou fabrieksgebou naby die Umerivier aangebied, waarvan die fasade in 1909 deur Sigge Cronstedt ontwerp is. Die fabriek is aanvanklik in 1910 geopen en was van die eerste belangrike nywerheid in die stad. Dit was tot 1954 in bedryf. Die ou fabrieksgebou is in 1986 in 'n skoolgebou omskep en die kunsskool het 'n jaar later ingetrek.

In die lente van 2012 het die Kunsakademie verhuis na 'n nuwe gebou, 'n eiendom op die kunskampus. Die voormalige gebou is in 2013-2014 weer verbou en word nou gebruik vir artistieke projekte en huisves die Akademie se kunsgalery.

Kyk ook

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.