From Wikipedia, the free encyclopedia
Air Hong Kong Beperk (AHK, Chinees: 香港華民航空) is die enigste suiwer vragredery gebaseer in Hongkong, met sy belangrikste sentrum op Hongkong Internasionale Lughawe. Die lugredery bedryf 'n spoedvragnetwerk na 12 bestemmings in nege lande, waaronder China, Japan, Maleisië, die Filippyne, Singapoer, Suid-Korea, Taiwan, Thailand en Viëtnam.
| |||||||
Gestig | November 1986 | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Eerste vlug | 4 Februarie 1988 | ||||||
Hoofspille | Hongkong Internasionale Lughawe | ||||||
Lojaliteitsprogram | Cargo Clan Elite (by Cathay Pacific Cargo) | ||||||
Vlootgrootte | 11 | ||||||
Bestemmings | 12 | ||||||
Houermaatskappy | Cathay Pacific (60%) | ||||||
Hoofkantoor | Hongkong Internasionale Lughawe Hongkong | ||||||
Sleutelpersone | Rupert Hogg (voorsitter) Russell Davie (hoof uitvoerende beampte) Andrew Maddox (Direkteur van Vlugoperasies) | ||||||
Webwerf | airhongkong.com.hk |
Air Hong Kong het 'n vloot Airbus A300-600F algemene vragvliegtuie, en die lugredery was ok die bekendstellingskliënt van hierdie nuwe variant. Sy hoofkantoor is geleë op die vierde verdieping van die Suidtoring van "Cathay Pacific City". [1]
Air Hong Kong is in November 1986 deur drie plaaslike sakemanne gestig, wat huurdienste met 'n Boeing 707-320C vragvliegtuig op 4 Februarie 1988 begin het. In Junie 1994 het Hongkong se grootste draer, Cathay Pacific, 75% besit van die lugredery bekom; en die oorblywende 25% in Februarie 2002. In Oktober stig Cathay Pacific 'n gesamentlike onderneming met DHL Worldwide Express (DHL), waarin DHL 'n belang van 40% verkry het, terwyl Cathay Pacific die ander 60% behou het.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.