![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/08/Athos_Agiou-Pavlou_1998_1.jpg/640px-Athos_Agiou-Pavlou_1998_1.jpg&w=640&q=50)
Agiou Pavlou-klooster
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Agiou Pavlou-klooster (Grieks: Μονή Αγίου Παύλου, die klooster van sint Paulus) is ’n Oosters-Ortodokse klooster in die westelike deel van Berg Athos in Griekeland. Dit is 14de in rang van die skiereiland se kloosters. Daar is tans sowat 31 monnike.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/08/Athos_Agiou-Pavlou_1998_1.jpg/640px-Athos_Agiou-Pavlou_1998_1.jpg)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/33/Athos_Agiou-Pavlou_1998_2.jpg/640px-Athos_Agiou-Pavlou_1998_2.jpg)
Die Katolikon, of hoofkerk, is toegewy aan die opdra van Jesus in die tempel. Sy feesdag is op 2 Februarie volgens die Juliaanse kalender (Nuwe Styl: 15 Februarie).
Die stigter van die klooster was sint Paulus van Xeropotamou. Tussen 1355 en 1365 het die Serwiese edelman Antonije Bagaš die geruïneerde klooster gekoop en gerestoureer, en sy ab geword.[1] Op 14 Oktober 1410 het die Serwiese heerser Đurađ Branković die dorpie Kuzmin in Kosovo aan die klooster geskenk omdat dit die wens was van die oorlede prins Lazar Hrebeljanović.[2]
Die klooster se biblioteek bevat 494 manuskripte en meer as 12 000 gedrukte boeke.
Twee idiorritmiese skiti's val onder die klooster:
- Die Roemeense Lakko-skiti
- Die Griekse Nuwe Skiti