Die Afro-Asiatiese taalfamilie verwys na 'n groep verwante tale wat in Noord-Afrika en die Midde-Ooste sedert antieke tye gepraat word. Dié taalfamilie is so genoem omdat dit oor Afrika en Asië streek. Die grootste moderne taal wat tot die Afro-Asiatiese taalfamilie behoort is Arabies, wat gepraat word vanaf die Atlantiese kus van Afrika tot by die grense van Iran, en geïsoleerd op vele ander plekke.
Afro-Asiaties | |
---|---|
Geografiese verspreiding: |
Noord- en Oos-Afrika |
Genetiese klassifikasie: |
Afro-Asiaties Afro-Asiaties |
Onderafdelings: | |
Verspreiding van Afro-Asiatiese tale |
Die belangrikste onderafdelings van dié familie is:
- Tsjadies (waaronder Biu-Mandara en Hausa)
- Semitiese taalfamilie (waaronder Amharies, Arabies, Aramees, Hebreeus, Maltees en Tigrinya)
- Egipties, die taal van Antieke Egipte (bestaan as Kopties voort en word deur die Kopte as liturgiese taal van die Kopties-Ortodokse Kerk gebruik)
- Berbertale (waaronder Kabilies)
- Omotiese tale (waaronder die Ethiopiese taal Dizi)
- Koesjitiese tale (waaronder Oromo en Somalies).
Die tale in dié familie kom merendeels in Afrika voor, in plaas van Asië. Trouens is al die ondergroepe in Afrika gekonsentreerd – selfs die Semitiese, waarvan slegs twee tale (Arabies en Hebreeus) 'n beduidende verspreiding op die Asiatiese vasteland het.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Afro-Asiatiese tale.
- (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Afro-Asiatic". Ethnologue. Besoek op 27 Januarie 2018.
- (en) "Afro-Asiatic languages". Encyclopædia Britannica. Besoek op 27 Januarie 2018.
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.