Afrikaanse Taalmonument
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Afrikaanse Taalmonument is 'n monument wat aan die Afrikaanse taal gewy is. Hierdie monument is deur Jan van Wijk ontwerp en in 1975 onthul. Dit staan ook as die Tweede Taalmonument bekend.[1]
Die Eerste Taalmonument is opgerig te Burgersdorp in 1893. Die Tweede Taalmonument is gebou op 'n heuwel bokant die Paarl in die Wes-Kaapprovinsie in Suid-Afrika. Die monument is in 1975 voltooi om die halfeeu te gedenk van die amptelike erkenning van Afrikaans as 'n selfstandige taal afsonderlik van Nederlands. Die monument bestaan uit verskillende groter wordende strukture van 'n konvekse en konkawe aard, wat die invloede van verskillende ander tale en kulture, asook politieke ontwikkelings in Suid-Afrika, op Afrikaans simboliseer:
Op 'n groot inskripsie by die ingang, is twee sitate van vooraanstaande digters/skrywers in die Afrikaanse taal gebeitel:
Die sin "DIT IS ONS ERNS" staan op die pad na die monument. Dit is woorde wat beroemd geword het in die stryd om die erkenning van Afrikaans. Dit was eers net ’n Kaapse stryd, maar in April 1905 begin dit ook in die destydse Transvaal, toe Gustav Preller sy reeks artikels Laat 't Ons Toch Ernst Wezen in De Volkstem publiseer en met onverbiddelike logika al die argumente van die teenstanders ontsenu. Later sou dr. D.F. Malan dan ook uitroep: "Dit is ons Ernst!"[2]
Vanaf die monument is daar 'n goeie uitsig op die volgende berge: Limietberge (Hawequa), Klein-Drakensteinberge, Wemmershoekberge, Groot-Drakensteinberge, Simonsberg, Klapmutskop en in die verte Tafelberg.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.