Afrika-diaspora
From Wikipedia, the free encyclopedia
Afrika-diaspora verwys na die gemeenskappe regoor die wêreld wat ontstaan het uit die afstammelinge van die historiese verskuiwing van mense uit Afrika na meestal die Amerikas, Europa, Asië en die Midde-Ooste, maar ook na alle ander lande van die wêreld. Die uitdrukking diaspora is in besonder histories van toepassing op die mense van Wes- en Sentraal-Afrika wat tydens die Atlantiese slawehandel na die Amerikas verskeep is, waarvan die meeste in Brasilië beland het en die res in die Verenigde State van Amerika,[29] en elders.[30] Sommige navorsers identifiseer "vier sirkulatoriese fases" van migrasie uit Afrika.[31]
Afrika-diaspora | |
---|---|
Kwanza-viering in die Rochester Institute of Technology, New York, Verenigde State (2003) | |
Totale bevolking: | ca. 140 miljoen[1][2][3][4][5] |
Belangrike bevolkings in: | Brasilië 55 900 000 (insluitende mense van gemengde afkoms)[6][7][8] Verenigde State 46 350 467[9] |
Taal: | Lingua franca: Engels (Amerikaans en Karibies), Frans (Kanadees en Haïtiaans), Haïtiaanse Kreools, Spaans, Portugees en Nederlands |
Geloofsoortuiging: | Christendom, Islam, Tradisionele Afrika-godsdiens, Afro-Amerikaanse godsdiens |
Verwante etniese groepe: | Afro-Amerikaners, Somaliese Diaspora |
Die term is ook onlangs gebruik in die Afrika-unie se definiëring van emigrasie uit Afrika.[32] Die AU sien diaspora as volg:
"[bestaande] uit mense van Afrika-oorsprong, wat buite die kontinent leef, ongeag hul burgerskap of nasionaliteit, en wat gewillig is om by te dra tot die ontwikkeling van die kontinent en die uitbou van die Afrika-unie." Sy grondwet verklaar dat hy (die Afrika-unie) "as 'n belangrike deel van ons kontinent, die Afrika-diaspora uitnooi aanmoedig om hul volle samewerking te bied en deel te word van die uitbou van die Afrika-unie."[33]
Die frase "Afrika-diaspora" het in die 1990's sy naam gekry, en in die 2000's stelselmatig 'n huishoudelike naam geword. Die term "diaspora" kom uit die konsep van die Joodse diaspora.[34]