Antieke Griekse skrywer From Wikipedia, the free encyclopedia
Aesopus (ook Esopus; Grieks: Αἴσωπος Aisopos) (620-560 v.C.) was 'n Antieke Griekse skrywer van kort stories, bekend as Aesopus se fabels. Die stories gebruik vermenslikte diere en lewelose voorwerpe om sedelessies oor te dra. Van sy meer bekende fabels sluit in: "Die skilpad en die haas", "Die wolf en die skaapwagter", "Die jakkals en die druiwe"[1] en "Die noordewind en die son". Laasgenoemde word dikwels in die taalkunde gebruik om vergelykings tussen verskillende tale of variëteite van 'n taal te doen.
Aesopus Αἴσωπος | |
---|---|
Hellenistiese standbeeld wat vermoedelik Aesopus uitbeeld, Kunsversameling van Villa Albani, Rome | |
Gebore | ca. 620 v.C. |
Sterf | ca. 564 v.C. |
Nasionaliteit | Antieke Griekeland |
Bekend vir | Aantal fabels nou gesamentlik bekend as Aesop se fabels |
Daar is min oor Aesopus se lewe bekend en sy geskrifte het nie behoue gebly nie. Tog is daar talle verhale wat oor die eeue uit verskeie tale versamel is, wat aan hom toegedig word. Van die verhale word tot vandag toe nog gebruik, veral in kinderstories en strokiesprente.
In die fabel van "Die skilpad en die haas", as voorbeeld, daag 'n haas 'n skilpad vir 'n wedloop uit. Die haas is seker van sy oorwinning en neem nie die wedloop ernstig op nie. Hy neem middagslapies en sy aandag word deur allerlei dinge afgetrek. Die skilpad, daarteenoor, is doelgerig en neem die resies ernstig op. Ten spyte daarvan dat die skilpad veel stadiger is, wen hy uiteindelik die wedloop. En so is dit ook met mense, die wat volhard behaal sukses.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.