From Wikipedia, the free encyclopedia
Adelheid van Poitiers (945/952 – omstreeks 1004)[1] was die dogter van Willem III van Akwitanië en Adela van Normandië (Geirlaug), laasgenoemde die dogter van Rollo en Poppa. Sy het Koningin van Frankryk geword na haar huwelik met Hugo Capet, die Koning van die Franke (omstreeks 939 – 14 Oktober 996). Adelheid en Hugo was die stigters van die Dinastie van die Capetingers wat Frankryk tot in die 18de en 19de eeue sou regeer. As Koningin-gesellin het Adelheid 'n mate van invloed oor haar man se bestuursake gehad. Sy word tipies net kortliks genoem in verband met haar man Hugo en haar seun Robert II.
Haar vader het haar huwelik met Hugo Capet in omstreeks 968 gebruik om 'n verdrag te finaliseer. Na die dood van Lodewyk V van Wes-Frankia in 987 het Hugo Capet koning van Frankryk geword, en is Adelheid gesalf en gekroon tot koningin.
Adelheid het kapelle in Senlis (Oise) en Argenteuil laat bou, en het die volgende kinders gehad:
Voorouers van Adelheid van Poitiers | ||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Groot-grootouers | Ranoelf II van Poitiers (850–890) ∞ ? (omstreeks 934) |
? (–) ∞ ? (–) |
Rognvald Eysteinsson? (830–894) ∞ Ragnhilda Hrolfsdottir? (omstreeks 848–892) |
Berengar van Bayeux (–) ∞ ? (–) | ||||
Grootouers | Ebalus van Akwitanië (873–935) ∞ Emiliana (omstreeks 934) |
Rollo [2](860–932) ∞ Poppa (omstreeks 870 - na 919) | ||||||
Ouers | Willem III van Akwitanië (910–963) ∞ Geirlaug van Normandië (917 – na 969) | |||||||
Adelheid van Poitiers (945–1004) |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.