Abram Gannibal
From Wikipedia, the free encyclopedia
Abram Petrowitsj Gannibal, ook Hannibal of Ganibal of Ibrahim Hannibal of Abram Petrof, (1696 – 14 Mei[1]1781) was ’n slaaf uit Afrika wat deur Pieter die Grote na Rusland gebring is. Hy het generaal-majoor, ’n militêre ingenieur en goewerneur van Rewal geword. Hy is vandag meer bekend as die oupagrootjie van die Russiese skrywer Aleksander Poesjkin, wat ’n onvoltooide roman, Pieter die Grote se Neger, oor hom geskryf het.
Kitsfeite Geboortedatum, Geboorteplek ...
Abram Gannibal | |
---|---|
Geboortedatum | 1696 |
Geboorteplek | Logon, Afrika |
Sterfdatum | 14 Mei 1781 |
Sterfplek | Sint Petersburg, Russiese Ryk |
Lojaliteit | Russiese Ryk |
Diens/Tak | Russiese weermag |
Jare in diens | —1733, 1740–1762 |
Rang | Generaal-majoor |
Veldslae/oorloë | Oorlog van die Quadruple Alliansie |
Toekennings | |
Ander werk | militêre ingenieur en goewerneur van Rewal |
Sluit