asteroïde From Wikipedia, the free encyclopedia
38628 Huya (uitspraak: huːˈjɑː), met die voorlopige naam 2000 EB173, is ’n trans-Neptunus-voorwerp in die Kuipergordel in die buitewyke van die Sonnestelsel.
Ontdekking [1] | |
---|---|
Ontdek deur | I.R. Ferrin |
Datum | 10 Maart 2000 |
Plek van ontdekking | Llano del Hato-sterrewag |
Kleinplaneet-benaming | (38628) Huya |
Alternatiewe name | 2000 EB173 |
Kleinplaneet-kategorie | TNV [1] Plutino [2] |
Etimologie | Suid-Amerikaanse god |
Wentelbaaneienskappe [1][2] | |
Epog 4 September 2017 | |
Afelium | 51,052 AE |
Perihelium | 28,536 AE |
Halwe lengteas | 39,794 AE |
Wentelperiode | 251,03 jaar (91 690 dae) |
Gem. anomalie | 3,6933° |
Baanhelling | 15,466° |
Lengteligging van stygende nodus | 169,25° |
Periheliumhoek | 67,890° |
Natuurlike satelliete | 1 |
Fisiese eienskappe |
|
Gem. radius | 203±8 km[3] |
Rotasieperiode | 5,28 uur[4] |
0,083 ± 0,004[3] | |
Skynmagnitude | 19,3[5] |
Absolute magnitude | 5,04 ± 0,03[3] 5,37 ± 0,04[6] 4,9[1] |
Huya is in Maart 2000 deur Ignacio Ferrín ontdek en is genoem na ’n Suid-Amerikaanse reëngod.[7][8] Dit is ’n plutino, wat in ’n 2:3-resonansie met Neptunus is.[2] Sy deursnee is sowat 406 km[3] en dit is moontlik ’n dwergplaneet,[9] hoewel dit nog nie deur die Internasionale Astronomiese Unie as een geklassifiseer is nie.[10] Ontledings wys Huya het die vorm van ’n afgeplatte bol, met klein albedokolle.[11]
’n Natuurlike satelliet is om Huya ontdek op beelde van die Hubble-ruimteteleskoop van 6 Mei 2012 en op 30 Junie – 1 Julie 2012 bevestig. Dit het ’n geraamde deursnee van 213±30 km[3] en is sowat 1 800 km van Huya af. Sy voorlopige naam is S/2012 38628 Huya 1.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.