2020 QG
asteroïde / From Wikipedia, the free encyclopedia
2020 QG, ook bekend as ZTF0DxQ,[2] is ’n naby-aarde-asteroïde met ’n deursnee van ’n paar meter. Dit behoort tot die Apollogroep en het op 16 Augustus 2020 op ’n afstand van sowat 2 950 km (minder as ’n kwart van die Aarde se deursnee) bo die oppervlak van die Aarde verbybeweeg.[1] Dit is op dieselfde dag deur die Zwicky Transient Facility (ZTF) by die Palomar-sterrewag afgeneem, sowat ses uur ná sy naaste afstand aan ons planeet, en is later deur Kunal Deshmukh, ’n student aan die Indiese Instituut vir Tegnologie Bombaai, en kollegas Kritti Sharma en Chen-Yen Hsu geïdentifiseer terwyl hulle foto's van die ZTF ontleed het.[3]
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
2020 QG is die ligstreep op dié foto van die Zwicky Transient Facility op 16 Augustus 2020. | |
Wentelbaaneienskappe [1] | |
---|---|
Epog 31 Mei 2020 | |
Afelium | 2,8933±0,0009 AE |
Perihelium | 0,99628 AE |
Halwe lengteas | 1,9448±0,0006 AE |
Wentelperiode | 2,71 jr. (990,64±0,47 d.) |
Gem. anomalie | 337,41±0,011° |
Gem. beweging | 0° 21m 48.696s / dag |
Baanhelling | 5,4727±0,004° |
Lengteligging van stygende nodus | 143,50° |
Periheliumhoek | 162,01±0,003° |
Minimum baankruisingsafstand: Aarde | 0,00027 AE |
Fisiese eienskappe |
|
Absolute magnitude | 29,87±0,25[1] |
2020 QG was sover bekend nader aan die Aarde as enige ander asteroïde, buiten dié wat die Aarde getref het. Met ’n absolute magnitude van 29,8 is die deursnee daarvan na raming sowat drie tot ses meter.[2]
Asteroïde | Datum | Afstand van aardoppervlak |
Onsekerheid in naderingsafstand |
Verwysing |
---|---|---|---|---|
2020 QG | 2020-08-16 | 2 946 km | ±20 km | data |
2011 CQ1 | 2011-02-04 | 5 481 km | ±5 km | data |
2019 UN13 | 2019-10-31 | 6 242 km | ±200 km | data |
2008 TS26 | 2008-10-09 | 6 259 km | ±1 000 km | data |
2004 FU162 | 2004-03-31 | 6 542 km | ±1 5000 km | data |