2018 VG18
asteroïde / From Wikipedia, the free encyclopedia
2018 VG18, met die bynaam Farout, is ’n verafgeleë trans-Neptunus-voorwerp. Op ’n afstand van ~120 AE (meer as drie keer dié van Pluto van die Son af en byna twee keer die gemiddelde afstand van Eris), is dit tans (Desember 2018) die verste voorwerp in die Sonnestelsel wat nog waargeneem is (die vorige verste voorwerp was Eris). Dit is sover bekend die enigste voorwerp verder as 100 AE van die Son af, vandaar die bynaam.[2] 2018 VG18 is 'n klein, ronde voorwerp met 'n pienkerige kleur. ’n Wentelbaan om die Son duur waarskynlik sowat 1 000 jaar.[3]
2018 VG18 se wentelbaan in die Sonnestelsel. | |
Ontdekking [1] | |
---|---|
Ontdek deur | Scott Sheppard David Tholen Chad Trujillo |
Datum | 10 November 2018 |
Kleinplaneet-benaming | 2018 VG18 |
Alternatiewe name | "Farout" (bynaam) |
Kleinplaneet-kategorie | TNV |
Wentelbaaneienskappe | |
Epog 18 Novemver 2018 (Juliaanse dag 2458440,5) | |
Afelium | 168,7 AE |
Perihelium | 21,7 AE |
Halwe lengteas | 95,2 AE |
Wentelperiode | 929 jaar |
Gem. anomalie | 73,77° |
Baanhelling | 31,7° |
Lengteligging van stygende nodus | 247,4° |
Periheliumhoek | 32,9° |
Fisiese eienskappe |
|
Afmetings | ~500 km |
Skynmagnitude | 24,6 |
Absolute magnitude | 3,25 |
Dit is egter nie naastenby die voorwerp met die grootste gemiddelde wentelbaan nie, want sy semihoofas is na raming sowat 95,2 AE (in vergelyking hiermee is die semihoofas van 2014 FE72 sowat 1 550 AE). Scott S. Sheppard, David Tholen en Chad Trujillo het 2018 VG18 ontdek terwyl hulle op soek was na die hipotetiese Planeet Nege.[4]