2004-Ekwatoriaal-Guinese staatsgreepspoging
Mislukte omverwerping van president Obiang deur huursoldate / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die gepoogde 2004 staatsgreep in die Ekwatoriaal-Guinee (ook bekend as die Wonga-staatsgreep),[1] het nie daarin geslaag om president Teodoro Obiang Nguema Mbasogo te vervang met die uitgewekene opposisie-politikus Severo Moto nie. Die huursoldate wie georganiseer is deur hoofsaaklik Britse finansiers is op 7 Maart 2004 in Zimbabwe gearresteer voordat hulle die staatggreep kon uitvoer. Aanklaers het beweer dat Moto as die nuwe president aangestel sou word in ruil vir voorkeurregte aan maatskappye wat by die staatsgreep betrokke was.[2] Die voorval het internasionale media-aandag ontvang ná die berigte betrokkenheid van Sir Mark Thatcher in die befondsing van die staatsgreep waarvoor hy skuldig bevind en in Suid-Afrika beboet is.